Taxibestuurder vas vir moord

Argieffoto.

ʼn Taxibestuurder is Dinsdag in Johannesburg se middestad in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man tydens ʼn argument doodgeskiet het.

Die 30-jarige slagoffer het glo in Breestraat langs die taxi gestaan toe die skietery plaasgevind het, het ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

“Dit is in die stadium onseker waaroor die argument was, en of die slagoffer ʼn passasier was,” het Mbele gesê. “Die taxibestuurder het sy vuurwapen uitgehaal en die slagoffer een keer in sy bolyf geskiet.”

Paramedici het die slagoffer op die toneel dood verklaar. Die taxibestuurder is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op sy vuurwapen. Hy moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Seker oor geld gegaan, die opdrifsels het mos geen gevoelens / gewetes nie.

Naal de Koker ·

Trippie, ek hou van jou nuwe beskrywing “opdrifsels” – dis so flippen akkuraat!!

Trippie ·

Willy, my Russiese woordeskat is van “onskatbare” waarde, alles eindig met … OF.

Naal de Koeker … loer tog bietjie in op Praag.co.za ook !
MIS JOU BYDRAES EN LEKKER LAG.

Willy ·

Ja maar Trippie ek verstaan nie want my woordeskat is nog nie so breed nie. Wat is die voorvoegsel van jou OF?

Trippie ·

ебать с !

As ek nou verban word is dit JOU skuld he he he !

Willy ·

Haha Trippie vertaal daardie hiërogliewe vir my seblief. Net weer terug Russies toe nie. Haha dit sal nou net ons lot wees om verban te word.

JAVR ·

Wha ha ha, dis verseker! Maar die donners met die taxi’s dink hulle kan wegkom met al die stront!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.