Taxibestuurder wat glo adv. sleep in hof

Kim McCusker en haar verloofde Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die verhoor van ʼn taxibestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn Johannesburgse advokaat omgery en meters ver gesleep het word Dinsdag in die Randburg landdroshof voortgesit.

Matome Thamage (30) word aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur nadat hy Kim McCusker glo op 13 September omgery en meters ver gesleep het. Hy is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Thamage het glo amper in McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler, se motor vasgery. Thamage beweer hy het van die toneel probeer vlug nadat Grobler hom glo aangerand het. Grobler het ook vroeër in die hof verskyn en is ook op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van aanranding.

McCusker is voorverlede week uit die Fourways hospitaal ontslaan nadat sy vir langer as twee maande daar behandel is. McCusker se suster Julia het op ʼn Facebook-groep, ter ondersteuning van haar suster, gesê Kim sterk intussen by die huis aan. Sy ondergaan rehabilitasie en doen daagliks oefeninge om haar spiere te versterk. Julia sê haar suster is goeie gees en is verheug om tuis te wees saam met haar verloofde en familie. Sy sê Kim is steeds in pyn maar dat dit onderdruk word met die nodige medisyne. McCusker het verskeie veloorplantings ondergaan aan onder meer haar voete en elmboë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.