Taxibestuurder wat vrou sleep kry borg

Die taxibestuurder wat ʼn Johannesburgse advokaat na bewering omgery en meters ver gesleep het, is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Matome Thamage (30) het vlugtig in die Randburg landdroshof verskyn nadat die landdros aanvanklik sy borgaansoek uitgestel het tot 30 September. Thamage se regsverteenwoordiger het die hof versoek om vandag ʼn beslissing te maak in plaas van volgende week. Hy word aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur nadat hy glo Kim McCusker omgery en meters ver gesleep het. Die landdros het aanvanklik ʼn verklaring versoek van McCusker voor hy oor die borg sou besluit. Die ondersoekbeampte het egter aan die hof gesê hy kon nie ʼn verslag kry rakende McCusker se gesondheid nie en dat hy haar nie mag besoek nie aangesien sy steeds in die hoësorgeenheid is. Die saak sal in November voortgaan. McCusker se verloofde, Lourens Grobler, is Maandag op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging. Thamage beweer Grobler het hom aangerand en dat hy om die rede van die toneel probeer vlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Achiever7 ·

Die nuus artikels maak nie sin nie. Almal verskil van mekaar. Hoekom nie eers feite kry en dan skryf nie.  Is die taxi bestuurder nou uit op borg???? Weet die verloofde is met R5000 uit met borg. ???

Gas ·

Die taxibestuurder is vandag (Donderdag, 22 September) op borg van R5 000 vrygeaalt. Die verloofde is Maandag op borg van R5 000 vrygelaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.