Taxibestuurder wat vrou sleep na verwagting vandag in hof

Foto: Netcare911

Die Johannesburgse advokaat wat Dinsdag deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is, is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal.

Kim McCusker (25) se ma, Patricia, sê haar dogter is steeds in die hoësorgeenheid van die Life Fourways hospitaal. McCusker het ʼn beroep gedoen op die publiek om vir haar dogter te bid. Kim is Dinsdagoggend deur ʼn taxi omgestamp en vir honderde meters ver gesleep. McCusker en haar verloofde, wat deur die Star as Lawrence Grobler geïdentifiseer is, was Dinsdagoggend omstreeks 6:30 op pad na die gimnasium toe ʼn taxi in hulle bakkie vasgery het. Die paartjie het uit die motor geklim om die taxibestuurder se besonderhede te kry toe hy weggejaag het en McCusker saamgesleep het. Die taxibestuurder beweer glo Grobler het hom aangerand en dit is hoekom hy weggejaag het. Die McCusker familie sê hulle sal ʼn klag van poging tot moord teen die bestuurder aanhangig maak. Die bestuurder sal na verwagting Woensdag in die Randburg landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.