Taxibestuurders ontvang noodhulpopleiding

ʼn Veldtog is Maandag van stapel gestuur om te verseker dat taxibestuurders binnekort noodhulpbehandeling sal ontvang om pasiënte by te staan wanneer hulle in ongelukke was.

Die opleiding sal taxibestuurders toerus met die nodige kennis om pasiënte by te staan voordat noodreddingswerkers by die toneel opdaag. Dit is ʼn gesamentlike poging tussen die departement van onderwys, Netcare 911, en die Suid-Afrikaanse Taxivereniging (Santaco).

Die bestuurders sal deur Netcare911 opgelei word. Tumi Nkosi, besturende direkteur van Netcare911 sê die kursus beslaan ʼn hele reeks onderwerpe wat kursusgangers nie net leer hoe om KPR toe te dien nie, maar ook hoe om ʼn gebreekte arm te spalk. Santaco het ook ʼn versoek aan minister S’bu Ndebele gerig dat taxi’s met noodhulptassies toegerus sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.