Taximan kry tronkstraf na moord op kinders

Jacon Humphreys buite die Wes-Kaapse hooggeregshof na 'n verskyning op 8 November 2011. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

ʼn Taxibestuurder wat skuldig bevind is aan die moord op tien kinders is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof effektief 20 jaar tronkstraf opgelê.

Regter Robert Henney het ook Jacob Humphreys (56) se bestuurslisensie met onmiddellike effek gekanselleer. Humphreys is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die 10 aanklagte van moord. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word. Hy is ook tot ʼn bykomende ses jaar tronkstraf gevonnis op elk van die vier aanklagte van poging tot moord. Van die vonnisse sal ook gelyktydig uitgedien word en Humphreys sal effektief 20 jaar tronkstraf uitdien. Die vonnis het vriende en familie van Humphreys na hulle asem laat snak in die galery terwyl sommige in trane uitgebars het. Humphreys het ‘n ernstige uitdrukking op sy gesig gehad, gedurig gefrons en sy lippe saamgepers gedurende die vonnisoplegging

Humphreys is in Desember op tien aanklagte van moord en vier van poging tot moord skuldig bevind nadat hy op 25 Augustus 2010 oor ’n spooroorgang in Buttskopstraat, Blackheath, gery het. Sy taxi het voor ’n aankomende trein beland en tien kinders is dood. Vier ander kinders is ernstig beseer. Humphreys het tydens sy verhoor beweer hy kan niks van die ongeluk onthou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.