Taximan se straf verminder

Jacon Humphreys buite die Wes-Kaapse hooggeregshof na ‘n verskyning op 8 November 2011. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

ʼn Taxibestuurder wat skuldig bevind is aan die moord op tien kinders se vonnis is met meer as die helfte verminder deur die hoogste hof van appèl.

Jacob Humphreys is in Desember 2011 op tien aanklagte van moord en vier van poging tot moord skuldig bevind nadat hy op 25 Augustus 2010 oor ’n spooroorgang in Buttskopstraat, Blackheath, gery het. Sy taxi het voor ’n aankomende trein beland en tien kinders is dood. Vier ander kinders is ernstig beseer. Hy is effektief tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Die hoogste hof van appèl het egter Vrydag sy vonnis na agt jaar verminder. Sy tien skuldigbevindings aan moord is ook vervang met 10 aanklagte van strafbare manslag. Die vier aanklagte van poging tot moord is ter syde gestel.

Robin Carlisle, LUV vir vervoer in die Wes-Kaap, sê die hoogste hof van appèl se besluit om Humphreys se vonnis te verminder is teleurstellend. “Ons gaan nooit roekelose en onverantwoordelike gedrag op ons paaie kan verander tensy daar ernstige gevolge is vir diegene wat dood op ons paaie veroorsaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.