Taxivereniging se lugredery bekendgestel

Foto: GCIS

President Jacob Zuma sê die nuwe lugredery wat Vrydag deur die taxi-industrie bekendgestel is, is ʼn praktiese voorbeeld van ekonomiese en sosiale emansipasie.

Zuma het die Suid-Afrikaanse taxivereniging (Santaco) geloof en gesê dit is die land se eerste lugredery wat ten volle in swart besit sal wees. Santaco het Vrydag ʼn konsep-bekendstelling gehou van die nuwe lugredery by Lanseria-lughawe, noord van Johannesburg. Zuma sê meer as 18 miljoen passasiers maak jaarliks gebruik van lugvervoer hoewel die massas nog nie toegenag daartoe het nie. Die Santaco lugredery sal ʼn “alles-in-een” vervoerstelsel beskikbaar maak tussen taxistaanplekke in die verskillende provinsies. Die eerste fase van die diens sal tussen Lanseria-lughawe, Bhisho en Kaapstad bedryf word. Die lugredery sal na verwagting teen die einde van die jaar kommersieel bedryf word. Die volgende paar maande sal gebruik word om te verseker dat mense sonder kredietkaarte en internet toegang ook toegang tot die diens kan kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.