Teazers-baas se moordverdagte in hof

George Louca (heel agter) probeer sy gesig met 'n baaitjie versteek. Foto: Werner Beukes / SAPA

George Louca (heel agter) probeer sy gesig met ‘n baaitjie versteek. Foto: Werner Beukes / SAPA

George Louca, die man wat verdink word van die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn nadat hy oor die naweek aan Suid-Afrika uitgelewer is.

Die saak is tot 18 Februarie uitgestel om Louca die geleentheid te gun om ʼn prokureur aan te stel.

Louca is Sondagoggend na Suid-Afrika gebring nadat sy finale verlof om appèl teen sy uitlewering in die appèlhof van Ciprus van die hand gewys is. Louca het verskeie pogings aangewend om sy uitlewering te verhoed.

Louca het uit Suid-Afrika gevlug nadat Jackson op 3 Mei 2010 by sy huis in Edenglen vermoor is. Die Valke was sedertdien op sy spoor in verband met die moord. Hy het glo kort na die moord vir Joey Mabasa, hoof van misdaadintelligensie in Gauteng, gebel en daaroor gebieg.

Die Valke ondersoek ook ander sake waaraan hy moontlik verbind kan word.

Louca het voorheen aan die Sunday Times gesê hy glo nie hy sal ʼn billike verhoor gegun word nie. – SAPA

Lees ook:
George Louca uitgelewer aan SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.