Teer brand man dood

ʼn Man is dood en ʼn ander kritiek beseer nadat hulle Dinsdag deur teer wat aan die brand geslaan het, verbrand is.

Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het in Meyerton gebeur.“Na wat verneem word, was die mans besig om ʼn houer met kokende teer te hanteer.Die teer het by ʼn uitlaatklep aan die brand geslaan en vinnig versprei,” het Wicks gesê.

Een man het kritieke brandwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.Die ander man was ook in ʼn kritieke toestand met ernstige brandwonde aan sy onderlyf.Hy is op die toneel behandel en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die departement van arbeid ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.