Tegnologie ingespan om mamba te soek

Argieffoto

Infrarooikameras gaan gebruik word in ‘n poging om die swartmamba, wat uit aanhouding by die Pretoria Dieretuin ontsnap het, op te spoor.

Die kameras tel infrarooi-radiasie op wat deur warm liggame en voorwerpe uitgestraal word. Selfs koudbloedige diere soos reptiele kan hierdeur opgespoor word, berig Beeld. Die span deskundiges, van Timeless Technologies, gaan hul kameras gebruik om die gebied rondom die terrarium, waaruit die twee meterlange slang ontsnap het, sowel as omliggende bome en bosse te deursoek.

Personeel van die dieretuin het verlede week ontdek die terrarium is leeg. Die mamba het vermoedelik in die gebou se dak ingeseil om daar te hiberneer. Craig Allenby, bemarkingsbestuurder van die dieretuin, het gesê die slang is heel moontlik in die diensarea agter die terrarium.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

wil ni op daai een afkom ni. groenmamba in jo vensterbank is erg genug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.