Tekort aan narre in VSA verwag

hanswors‘n Tekort aan hansworse is dalk die VSA se voorland.

Lidmaatskap van die VSA se nasionale vereniging vir narre het sedert 2004 van 3 500 tot 2 500 afgeneem, en die meeste lede is bo veertig. Verskeie redes word aangevoer vir die afname in narre, soos dat al hoe hoër standaarde van die kunstenaars verwag word, en dat belangstellendes onder jonger mense afneem.

Hansworse kan na berig word tot $300 (ongeveer R3 200) vir ʼn optrede by ‘n kinderpartyjie verdien, maar dit is nie aantreklik genoeg vir jong mense nie. Die loopbane waaraan kinders vandag dink, sluit in die reël nie hansworsery in nie.

Die probleem is ook dat modes ontwikkel waar dit nie “cool” is om narre te wees, of selfs na narre te gaan kyk nie.

Bron: Daily News.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rene ·

Kom ons stuur die hele SA parlement oor na die VSA. Ek is seker daar sal ñ hele klomp narre tussen hulle wees wat die Amerikaners dalk kan gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.