Teleurstelling oor Brown se ‘ligte’ vonnis

J. Arthur Brown stap gister uit die Wes-Kaapse hooggeregshof na hy gevonnis is. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

J. Arthur Brown, voormalige hoof van Fidentia, se vonnis is gister uit verskeie oorde gekritiseer.

Regter Anton Veldhuizen het Brown tot ʼn boete van R150 000 of drie jaar tronkstraf gevonnis. Brown is verlede maand op twee aanklagte van bedrog skuldig gevind terwyl hy vrygespreek is op verskeie ander aanklagte teen hom waaronder geldwassery en korrupsie. Die Raad op Finansiële Dienste sê dié vonnis sal mense nie afskrik om witboordjie-misdade te pleeg nie. “Die raad is van mening dat die boete van R150 000 of 36 maande tronkstraf nie die omvang van die skade erken wat Brown se aksies tot gevolg gehad het nie,” het Tembisa Marele, woordvoerder van die raad, in ʼn verklaring gesê.

Die NUM en Cosatu deel die raad se sentiment. “Die vakbond is baie teleurgesteld in die ligte vonnis en die teenstrydighede in uitsprake wat deur ons regstelsel gemaak word,” het Lesiba Seshoka, woordvoerder van die NUM, gesê. Patrick Craven, woordvoerder van Cosatu, het op sy beurt gesê die vonnis is onvanpas en versterk die siening dat indien jy geld het jy nie aanspreeklik gehou sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

william ·

Geregtigheid ala Afrika styl. Moordenaars kry borgtog. Verkragters kry links en regs parool en dan gaan verkrag hulle weer. Mense wat pensioenarisse beroof kom skotvry daarvan af. Dit gaan sommer jollie patrollie in Mandelatopia.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.