Telkom gaan reuse boete betaal

Telkom gaan die boete van R449 miljoen betaal wat die Mededingingstribunaal verlede jaar aan hom opgelê het nadat die twee partye ʼn skikkingsooreenkoms bereik het.

Telkom is in Augustus verlede jaar die reuse boete opgelê nadat die tribunaal bevind het dat die telekommunikasiereus sy oorheersing in die telekommunikasiebedryf tussen 1999 en 2004 misbruik het en hom dus aan monopolistiese gedrag skuldig gemaak het. Telkom het appèl aangeteken teen die boete terwyl die tribunaal teen-appèl aangeteken het. Die tribunaal het intussen in ʼn verklaring bekend gemaak dat die skikkingsooreenkoms behels dat albei partye hulle appèlaansoeke terugtrek. Telkom moet volgens berigte die helfte van die boete binne ses maande betaal waarna die res glo binne 18 maande betaal moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

gerhard viljoen ·

Telkom is reeds bankrot, hoe gaan hulle dit betaal? Met ons belasting geld? Wie is die begunstigdes van die boetes? Ons publiek, MTN, Vodacom of Cell ? Nee. Anc “connectes” dikkouse? Ja!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.