Telkom spandeer glo miljoene vir New Age-advertensies

Die telekommunikasiereus, Telkom, het glo tussen Desember 2011 en November 2012 sowat R34 miljoen investeer in advertensies in die The New Age-koerant.

City Press berig dat die nuutste Nielsen Adex-verslag otnhul het dat Telkom gedurende dié periode die top adverteerder was in The New Age. Dié staatsbeheerde maatskappy was verantwoordelik vir ʼn derde van die koerant se advertensie inkomste. Die verslag het ook gewys dat semi-staatsinstellings en die nasionale regering die koerant goed ondersteun het. Die nasionale regering het glo sowat R16 miljoen investeer in advertensies in The New Age. Die bedrae sluit ook die waarde van ruil en handel ooreenkomste tussen die semi-staatsinstellings en die koerant in. Die nasionale regering, Telkom en Transnet maak meer as helfte van The New Age se top 20 kliënte uit. City Press het verlede maand berig dat van die grootste staats- en semi-staatsinstellings miljoene rande betaal het vir sakeontbyte wat deur The New Age gereël is. Daar is vroeër berig dat Telkom in die 2012/13 finansiële jaar 20 van dié geleenthede teen nagenoeg R12 miljoen geborg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Is mens verbaas oor die spandering aan die New Age-koerant – nee, hoe dan anders want die eienaars is boesem vriende van Zuma.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.