Tempo van wegsmelt van Groenland se winteryskap verras Nasa

Nasa se beeld van die winteryskap op 8 Julie (links) en 12 Julie. Foto: Reuters

Die winteryskap van Groenland het in vier dae so vinnig weggesmelt dat Nasa aanvanklik gedink het daar is fout met die satellietbeelde. In die dertig jaar wat Nasa die yskap dophou, het dit nog nooit so vinnig soos nou gesmelt nie.

Boorwerk in die ys het egter aan die lig gebring dat dit elke 150 jaar gebeur, en wat dit betref, is die vinnige wegsmelt vanjaar presies op skedule.

Lora Koenig, ‘n ysplaatkundige van Nasa sê egter as die proses binne die volgende paar jaar herhaal, is daar rede tot kommer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.