ʼn Ten volle ontwikkelde fetus is Vrydagoggend omstreeks 06:30 in Noordwes in ʼn mangat, wat na ʼn rioolpyp lei, gevind.
Lt.kol. Lesego Metsi het gesê die fetus is manlik en is in Rankelenyane gevind. Die fetus is sowat ses maande oud, en is deur ʼn voetganger raakgesien. Die voetganger het die polisie ontbied.
“Die Marika-polisie versoek die gemeenskappe van Bethani, Mabitle, Tlape en Rankelenyane om hulle by te staan met die ondersoek,” het Metsi gesê.
Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte.
Enigiemand met meer inligting oor wie die ma mag wees, word versoek om met die speurder, lt. Mokae, by 082 416 2265 of 014 572 3100 in verbinding te tree.