Tenkwa slaan buite Bethlehem aan die brand

Voorbeeld van 'n tenkwa. Dit is nog nie bekend aan watter maatskappy die betrokke tenkwa behoort het nie.

Slegs een man is beseer na ʼn tenkwa met plofbare vloeistof buite Bethlehem aan die brand geslaan het.

Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, is dit nog nie duidelik wat tot die voorval gelei het nie, maar die bestuurder het ongeveer 60 km buite Bethlehem glo van die R57-pad af gery. Die tenkwa het gerol voordat hy aan die brand geslaan, en toe uitgebrand het.

Paramedici van die ER24-tak in Bethlehem is na die toneel ontbied. Die bestuurder, wat glo 38 jaar oud is, kon homself uit die brandende wrak bevry voordat paramedici opgedaag het. Die man het geen beserings opgedoen nie, maar het behandeling vir rookinaseming op die toneel ontvang. Die bestuurder is later na die Mediclinic Hoogland geneem vir verdere behandeling.
Plaaslike owerhede sal die voorval verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.