Terdoodveroordeelde pleeg selfmoord

Billy Slagle

‘n Moordenaar wat Woensdag in Ohio, Amerika tereggestel sou word, is Sondag dood aangetref in sy sel.

“Billy Slagle (44) is Sondagoggend omstreeks 05:00 plaaslike tyd dood aangetref in sy sel by die Chillicothe-gevangenis,” het JoEllen Smith, woordvoerder van die tronk, gesê. “Hy is binne ‘n uur dood verklaar.” Smith sê Slagle het homself opgehang en ‘n ondersoek sal gedoen word om te bepaal hoe hy die materiaal in die hande gekry het om selfmoord te pleeg.

Slagle is ter dood veroordeel nadat hy sy buurvrou, Mari Anne Pope, tydens ‘n rooftog in 1987 met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het. Daar was twee kinders teenwoordig.

Die staatsaanklaer in Cleveland het die Ohio-paroolraad versoek om Slagle se lewe te spaar. Tim McGinty, aanklaer van Cuyahoga County, het gesê dit is onwaarskynlik dat ‘n jurie Slagle deesdae ter dood sal veroordeel. Slagle se prokureur het verlede week aangevoer dat ‘n jurie nooit die kans gehad het om die volle besonderhede van sy moeilike kinderdae aan te hoor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas ·

Nou sal mens nooit weet of hy skuldig was of nie. ( Het die saak gaan google – lykmy hy was maar net nog ‘n slagoffer van die Amerikaners se vervolgings waansin ) R.I.P

Rudi ·

Ek wil nie onsimpatiek voorkom nie, maar hoekom is sy moeilike kinderdae ter sprake? Het hy of het hy nie iemand doogemaak nie? Kry mense met moeilike kinderlewens nou ‘n lisensie om een mens dood te maak sonder reperkussies? Of kan hulle twee mense doodmaak as hulle kinderlewens besonders moeilik was? Wie beslis hoe moeilik jou lewe mag wees voordat jy met moord kan wegkom, en hoe word die moeilikheidsgraad van jou lewe bepaal en geweeg?

As jy sonder enige twyfel moord gepleeg het, moet jy hang, dit net so eenvoudig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.