Terre’Blanche-moordverhoor gaan voort in Ventersdorp

Eugene Terre'Blanche kort nadat hy in 2004 uit die tronk vrygelaat is. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor sal na verwagting Dinsdag in die rondgaande hof in Ventersdorp voortgaan.

Regter John Horn sal na verwagting besluit of verklarings wat vroeër deur die beskuldigde, Chris Mahlangu, afgelê is deel sal uitmaak van die verhoor. Die staat het ʼn aansoek gebring dat dié verklarings wat tydens Mahlangu se borgaansoek ingedien is deel uitmaak van die verhoor. Mahlangu se regsverteenwoordiger, Kgomotso Tlouane, staan die aansoek teen en sê sy kliënt was nie bewus van die gevolge van die verklarings nie. Mahlangu en ʼn minderjarige word aangekla van die moord Terre’Blanche in April verlede jaar op sy plaas buite Ventersdorp.

Die minderjarige se regsverteenwoordiger, Norman Arendse, het Maandag aan die hof gesê sy kliënt ontken dat hy deel gehad het in die moord. Dit was ondanks die getuienis van ʼn polisielid van die Ventersdorp polisiestasie wat getuig het dat hy die dag van die moord ʼn oproep gekry het van die minderjarige wat erken het dat hy Terre’Blanche vermoor het. Arendse het aangevoer die minderjarige is verbaal, fisies en seksueel deur Terre’Blanche mishandel. Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.