Terre’Blanche se “gulp was oop en sy private dele het uitgesteek”

Die vermoorde Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die eerste persoon wat Eugene Terre’Blanche se lyk gesien het na hy vermoor is, het in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig sy broek was los en dat sy geslagdele sigbaar was.

Die paramedikus, Robert van Heerden, het getuig dat Terre’Blanche se belt los was en dat sy broek oop was. “Sy gulp was oop en sy private dele het uitgesteek. Onder die penis was daar vog. Watse vog kan ek nie vir meneer se nie”. Van Heerden het getuig dat hy Terre’Blanche nie erken het nie, al het hy hom vir 25 jaar geken. “Hy was baie sleg seer gemaak, gesny en geslaan. Ek het nie verwag om iemand in so ‘n toestand so te sien nie”. Van Heerden het getuig dat die eerste ding wat hy gesien het toe hy Terre’Blanche se kamer op die dag van die moord, 3 April 2010, met ʼn flits binnegegaan het, was ʼn poel bloed op die vloer. Hy het ook bloed gesien wat van die bed afgedrup het en op die mure en gordyne. Van Heerden het getuig dat hy nie Terre’Blanche se lyk geskuif het nie en dat niemand met die getuienis gepeuter het nie. Chris Mahlangu en ʼn minderjarige word aangekla van die moord op Terre’Blanche. Albei het skuld ontken. Die saak is tot Maandag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rebelsrussafaris ·

Hierdie Boervolk is nog nie reg vir dit wat op ons pad mag kom nie.My mede Volksgenote ons moet begin saamstaan en gereed maak om te kan verdedig asook om na mekaar te begin kyk.Daar gebeur dinge voor ons oe. Hoekom is daar vreemde millitere voertuie in die land sigbaar,waar kom dit vandaan,wat soek dit hier. Hoekom is die aanvalle op blankes meer as in die verlede.ons is gewaarsku om bedag te wees op 27,28 Oktober met planne wat die jeugliga van die ANC het. Mense sou daar nou n aanslag op die BOERVOLK kom hoeveel van ons is REG vir dit wat ons dalk op ons pad mag kry. ANDRE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.