Terreuraanvalle op Wêreldhandelsentrum vandag herdenk

9 11 aanvalAmerika herdenk vandag die Al Kaïda-aanvalle op die wêreldhandelsentrum en die Pentagon 12 jaar gelede. Altesaam 2 977 mense is in die 9/11-aanvalle dood.

Volgens tradisie sal naasbestaandes die name van die 2 735 mense wat 12 jaar gelede in New York dood is voorlees, asook die ses name van mense wat in 1993 in ‘n terreuraanval op die Wêreldhandelsentrum dood is. Geen politici sal in New York by die verrigtinge toesprake lewer nie, maar pres. Barack Obama sal wel by die Pentagon ‘n toespraak lewer waar Vlug 77 van American Airlines teen die sentrum vasgevlieg het. Daar is 184 mense dood.

‘n Krans sal ook in die veld in Pennsilvanië gelê word waar Vlug 93 van United Airlines neergestort het. Die vermoede is dat die terroriste die vliegtuig laat neerstort het toe die 40 passasiers en bemanningslede die terroriste probeer oorrompel het.

Osama bin Laden, die leier van Al Kaïda, is op 2 Mei 2011 deur Amerikaanse Seals in Pakistan doodgeskiet waar hy geskuil het.

Oor die jare het verskeie samesweringsteorieë oor die aanval ook die lewe gesien, onder meer dat dit eintlik Israel se Mossad was wat die aanvalle uitgevoer het om die VSA se gesindheid teenoor Israel positief te beïnvloed. Dié weergawe word “gerugsteun” deur ‘n vals storie dat daar geen Jode onder die ongevalle in die Wêreldhandelsentrum sou wees nie, omdat Mossad hulle glo sou waarsku om dié dag nie werk toe te gaan nie. Tot sowat 18% van die ongevalle is egter as Joods geïdentifiseer en tientalle Joodse begrafnisse het op die aanvalle gevolg.

Die CNN-berig oor die aanvalle kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JAVR ·

Weet julle, ja dit was ‘n verskriklike tragiese dag van skok en ongeloof en sal seker NOOIT vergeet word nie maar dit het gebeur, nou net soos met Hitler se stro.t, hou dit aan en aan en aan en aan en aan….ens. Mense dis die verlede, DIT WAS ONGELOOFLIK TRAGIES EN WREED, maar dis agter ons en ons moet vorentoe kyk en hopelik het ons almal ‘n goeie les daaruit geleer. Ek glo nie daarin om sulke tragedies te herdenk nie. Groot ding is daar gaan Obama alweer en soek k.k met Sirië. Hierdie mense kan nie in vrede saamleef nie en verwag dat NIEMAND hulle durf aanvat daaroor nie want hulle is reg.

Willy ·

Presies wat jy sê JAVR. Amper woord vir woord wat in jou kommentaar staan, saam met kollegas vanoggend gesels.
Amerikaners never get over iets so maklik nie. Eers ‘n paar flieks en boeke skryf dan gaan hulle nog steeds aan op dieselfde topic.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.