Terroris kry skadevergoeding

Terreuraanvalle in Madrid, 2004

Die Europese hof van menseregte het gelas dat België skadevergoeding van 5 000 Euro’s aan ‘n terroris moet betaal wat reeds sy volle vonnis van sewe jaar gevangenisstraf uitgedien het.

Lahoucine El Haski (36) is in 2006 in Brussel sewe jaar tronk toe gestuur omdat bevind is dat hy lid is van ‘n slaper-sel van die Moslemgroep, GICM. Dié organisasie het glo bande met Al Kaïda, en was verantwoordelik vir aanvalle in Madrid in 2004 waarin 191 mense omgekom het, en op ‘n moskee in Casablanca in 2003 waartydens 45 mense dood is.

Trouens, Haski se broer dien gevangenisstraf uit vir sy aandeel in Madrid. Haski self het aan die konflikte in Bosnië, Afganistan en Tsjetsjenië deelgeneem voor hy in met ‘n radikale, Vlaamse Moslem getroud is.

Die menseregtehof het nou bevind dat die Belgiese owerhede ‘n groot deel van hul saak gebaseer het op dokumente wat van die Marokkaanse owerheid ontvang het. Van dié bewysstukke kon deur marteling van gevangenes in Marokko bekom gewees het.

Haski, wat nog in België woon, se regsverteenwoordiger het die kompensasie as simbolies, maar die uitspraak as belangrik beskryf. Hy meen dat die Belgiese owerhede voortaan twee keer sal dink alvorens hulle weer van verklarings gebruik sal maak wat in Marokkaanse tronke afgeneem is.

  • Die VN se spesiale rapporteur oor marteling, Juan Mendez, het pas na ‘n besoek aan Marokko bevind dat die marteling van politieke opponente en mense wat van terreur verdink word, wydverspreid en sistematies in Marokkaanse tronke toegepas word.
Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.