Terug skool toe

Argieffoto

Argieffoto

Miljoene leerlinge keer Woensdag terug skool toe en ʼn hele aantal begin vandag met graad 1.

ʼn Aantal staatsamptenare sal vandag besoek aflê aan skole regoor die land om seker te maak dat al die skole gereed is vir die nuwe akademiese jaar.

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe en Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal besoek aflê aan Oracle Ponelopele Sekondêre Skool in Midrand.

Nomvula Mokonyane, premier van Gauteng, sal by Laerskool Realeboga in Alberton wees. Nandi Mayathula-Khoza, LUR van landbou en plattelandse ontwikkeling, sal Laerskool Evaton besoek en Lebogang Maile, LUR vir sport, sal Laerskool La Rochelle in Turffontein, Johannesburg, besoek.

Ismail Vadi, LUR vir paaie en vervoer, sal skoolklere versprei as deel van ʼn terug-skool-toe-veldtog by Mpumelelo Sekondêre Skool in Bronkhorstspruit.

Enver Surty, adjunkminister van basiese onderwys in Noordwes, sal Holy Family Sekondêre Skool in Mogwase besoek.

Donald Grant, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, sal graad eentjies by Laerskool Fairview in Grassy Park verwelkom.

Openbare skole in al nege provinsies open Woensdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.