Terugbetalings van e-tolskyfies kan Sanral R25-miljoen uit die sak jaag

Terugbetalings van mense wat e-tolskyfies besit, kan die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) R25-miljoen kos.
The Star het Vrydag berig onlangse syfers wat bekend gemaak is toon dat sowat 500 000 motoriste vir e-tolskyfies geregistreer het. As dié 500 000 kliente versoek om hul R50 per skyfie te verhaal, sal Sanral R25-miljoen moet opdok.
Volgens Cliff Johnston van die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie kan terugbetalings tot en met twee maande duur.
Johnston het aan die koerante gesê die kwessie of die e-tolstelsel in werking gaan tree of nie, gaan nie in die nabye toekoms uitgesorteer word nie en dat mense wat skyfies besit so gou moontlik vir terugbetalings moet registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.