Testosteroon in Oscar se huis

Oscar Pistorius

Die Pretoriase landdroshof het Woensdag gehoor die polisie het testosteroon en spuitnaalde in Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, se huis opgespoor.

“Ons het ʼn boks vol van die manlike hormoon testosteroon, spuitnaalde onder ʼn televisiestel in die huis opgespoor,” het Hilton Botha, die ondersoekbeampte in die saak, gesê.

Advokaat Barry Roux, vir Pistorius, het egter aangevoer die testosteroon is ʼn kruiemiddel en nie ʼn verbode middel nie. “Dit is ʼn kruiemiddel,” het Roux gesê. “Dit is nie ʼn steroïede nie en dit is nie ʼn verbode middel nie.”

Roux het voorgestel dat die polisie ʼn apteker moes gevra het om die middel so gou as moontlik te toets. “Dit is versamel en hulle doen toetse,” het Botha onder kruisverhoor geantwoord.

Intussen het die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) gesê Pistorius is voor en tydens die Paralimpiese Spele verlede jaar in Londen vir verbode middels getoets. “Die resultate was telkens negatief.”

Botha het verder getuig dat daar bloed op een van die selfone in die huis was en ook bloedspatsels op ʼn krieketkolf.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het ʼn bloudruk van Pistorius se huis aan die hof voorgehou, in sy saak om borg vir die atleet teen te staan.

Pistorius word van die moord op die model Reeva Steenkamp aangekla. Steenkamp is op 14 Februarie in sy huis in Pretoria doodgeskiet.

Volgens Botha het die persoon, wat die skote afgevuur het, ten minste 1.5m ver van die toiletdeur af gestaan.

Pistorius het weer begin huil toe Nel Botha deur die verklaring, wat hy afgelê het, gewerk het. Die verklaring bevat besonderhede van die swart en wit slaapklere wat Steenkamp aangehad het, en die handdoeke waarmee haar liggaam bedek was.

Botha het verder bevestig dat die boonste paneel van die badkamerdeur gebreek was. Stukke van die deur het binne en buite die deur gelê. “Ons dink die krieketkolf is gebruik om die deur mee oop te breek,” het Botha gesê.

Forensiese en ballistiese toetse moet nog afgehandel word. Botha het egter later gesê dit lyk of die skote in ʼn afwaartse rigting gevuur is. “Dit het vir my voorgekom of die skote in ʼn afwaartse rigting gevuur is,” het hy gesê. “Ek het dit teen myself gemeet.

Lees ook:
Oscar: Pistorius stel hul kant van die saak
Oscar: Dag 2 in hof, polisie getuig
Oscar se weergawe
Nike, Oakley verbreek glo bande met Oscar
Oscar-borgsaak kry groot terugslag
Reeva ter ruste gelê
Oscar: Moord was nie beplan nie, sê verdediging
Oscar: Niks ondersteun inbraak-verweer nie, sê aanklaer
Oscar in hof, Reeva veras
Oscar se wedlope gekanselleer
Pistorius-familie: ‘Steenkamp se dood was ʼn ongeluk’
Bebloede kolf glo in Oscar se huis opgespoor
Reeva se nadoodse ondersoek afgehandel
Polisie glo bang Oscar pleeg selfmoord
Oscar: Media in moeilikheid oor foto
Reeva se gedenkdiens gereël
Oscar se gesin betwis moordklag
Oscar bly in aanhouding
Oscar het Reeva glo deur toe badkamerdeur geskiet
Pistorius vandag in hof
Oscar: M-Net onttrek advertensieveldtog 
Oscar-skietery: Ooggetuies beweer paartjie het gestry
Oscar gaan aand in tronk spandeer
Oscar: Staat gaan borg teenstaan
“Oscar erg geskok,” sê pa
Oscar-skietery: Medelye stroom in vir meisie
Oscar Pistorius skiet glo meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.