Thandi Maqubela hoor oor borg

Thandi Maqubela Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Thandi Maqubela Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag uitspraak gelewer in die borgtogaansoek van Thandi Maqubela wat haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela in 2009 in sy huis in Seepunt, Kaapstad, vermoor het.

Die hof het geweier om haar borgtog toe staan hangende die uitkoms van haar vonnisoplegging wat op 17 Februarie gaan plaasvind.

“Ek verwerp die versoek, want ek beskou dit nie in die belang van geregtigheid nie,” het regter John Murphy gesê.

Murphy het gesê Maqubela was vir langer as twee jaar voor en tydens die verloop van die verhoor op borgtog vrygelaat, maar dat hy borgtog weier nadat sy skuldig bevind is. Sy kon nie met die nuwe borgtogaansoek daarin slaag om vir die staat te bewys dat dit in die beste belang van die geregtigheid sou wees nie.

Hy het ook gesê Maqubela is skuldig bevind op drie ernstige oortredings en hy neem die vonnis, wat  waarskynlik opgelê sal word, ook in ag. Lees meer hier.

Maqubela is in November skuldig bevind aan die moord en op die aanklag dat sy haar man se testament vervals en bedrog gepleeg het, aangesien sy die boedel moontlik benadeel het. Maqubela se borgtog van R100 000 is teruggetrek nadat sy skuldig bevind is.

Lees ook:
Regter se moordenaar hoor dalk van borgtog
Uitspraak ná regter se moord
Regter se moordverdagte-vrou val flou in hof
Regter se weduwee het glo gejok oor sy dood
Geld dalk motief vir regter se dood
Uitstel gevra oor beweerde testament-vervalsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.