The Spear se eienaar wil die skildery “net so” behou

Die Duitse kunsversamelaar wat die omstrede skildery van pres. Jacob Zuma gekoop het, wil die skildery behou soos wat hy tans lyk.

The Spear, wat deur die Kaapse kunstenaar Brett Murray geskilder is, wat pres. Jacob Zuma met ʼn oop gulp uitbeeld, het in die Goodman-galery gehang toe twee vandale dit Dinsdag met verf geskend het. Liza Essers, direkteur van die Goodman-galery, sê sy het met die eienaar gesels en hy het gesê hy wil die skildery “soos hy nou lyk” hê en hy sal dit glo persoonlik kom afhaal. Die versamelaar het die skildery vroeg in Meimaand teen R136 000 aangeskaf.

Phillipa Duncan, spesialis in skilderye, sê dit is ʼn wyse besluit. “Die waarde sal moontlik verhoog weens die politieke skandaal en publisiteit waarin die skildery gehul is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.