Thornville-plaasaanval: Polisie op soek na drie verdagtes

Argieffoto

Argieffoto

Die Thornville-polisie in KwaZulu-Natal is op soek na drie verdagtes in verband met ʼn plaasaanval waar ʼn 62-jarige vrou glo aangerand en verbrand is.

Maroela Media het vanoggend berig die 62-jarige vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy Vrydagoggend net ná middernag op ʼn plaas in die Thornville-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval is.

Kol. Jay Naicker, ʼn provinsiale woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die vrou was besig om te slaap toe sy ʼn geraas by haar huis se agterdeur gehoor het. “Sy het gaan ondersoek instel en is deur drie mans oorweldig en met ʼn mes aangehou,” het Naicker gesê.

“Die verdagtes het aangedring op kontant en het gedreig om haar dood te maak.”

Die verdagtes het haar aangerand en met die vrou se voertuig van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate in Durban opgespoor.

Die Thornville-polisie ondersoek onder andere ʼn saak van huisbraak. Die ondersoek duur voort.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het Vrydag gesê die vrou het erge brandwonde opgedoen en is aangerand. “Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn Netcare-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jan harmse ·

wanneer gaan die boere in opstand kom oor hierdie wreedheid, of aanvaar ons dit maar omdat ek as boer nog nie iets oorgekom het nie? Vra maar net!

Gert Malan ·

Ai Chris, daar is so baie planne om te maak, maar weet jy wat is die probleem, daar is teveel rugstekers onder ons blankes en sodra daar begin word met die planne sal daar altyd die wees wat nie gou genoeg kan alarm maak nie. Tog so jammer want hierdie sirkus wat hulleself ‘n regering noem is slegter as slangk@k op die seebodem.

Trippie ·

So paar jaar gelede het ons klomp Boere van ver af gereis met hul trekkers en in Pretoria strate “lekker” saam met ons die oggendverkeer meegemaak … dit was die EEN oggend in my lewe wat ek met GROOT PLESIER laat gekom het by die werk.

Dalk weer so-iets reël ?

Willy ·

En daardie tyd het die escort agencies in Bosmanstraat gebloei. Soveel so dat baie plaastannies vir die ooms gevra het. Wat wil jy nou jou Mercedes “intrade” op ‘n Ford Escort toe die rekeninge begin aankom het?

Willy ·

Hierdie gamsgeslag is die grootste lafaards wat ek nog teëgekom het in my lewe. Drie gewapen middernag teen ‘n weerlose twee en sestig jarige vrou. Sal dit nie ‘n goeie tyding wees as hulle net sommer op sig vrek geskiet word nie!
Sterkte en beterskap aan haar.

ester du preez ·

Ja daar stem ek saam die wit kan nie saam staan kyk altyd waar kan die jou tekort doen en in die rug steek As wit nie kan saam staan nie sal ons ander uit gemoor word Dis hoekom ons die land verlaat jammer oor ons famielie wat agter bly :et reeds twee seuns wat daar bly in New Zealand wil nie die kinder hier groot maak nie en hy sal moord pleeg as die swartgatte sy dogter hier verkrag so ons is nie lafaard nie maar die lewe daar is beter Daar is ook werk vi ons nog met so 4 weke vi ons in die land

Fred ·

Soek die toevloegt bij die Nederlandsche overheid. Vereenig ons weer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.