Tien mense is Woensdagaand beseer toe die afleweringsvoertuig waarin hulle gery het, in ʼn botsing in Johannesburg betrokke was.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het op Cypressweg in Honeydew plaasgevind. “Die voertuig het sowat 15 mense agterop vervoer. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Een persoon is kritiek beseer en is na die Netcare Milpark-hospitaal geneem. Vier mense is ernstig beseer en vyf mense het geringe beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.