Tien mense is Sondagoggend beseer, waarvan drie ernstig, na ʼn bus teen ʼn afleweringsvoertuig gebots het op die N2 naby Knysna.
Die botsing het omstreeks 2:20 Sondagoggend plaasgevind. Die bestuurder van die bus is ernstig beseer. ʼn Paartjie van Knysna moes met meganiese toerusting uit die afleweringsvoertuig bevry word. Die bus het 58 passasiers vervoer. Sewe van die passasiers is beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.