Tien beste stede vir 2014 laat oë rek

Foto: Die skilderagtige Umea

Foto: Die skilderagtige Umea

Die tien beste stede om vanjaar te besoek, volgens die reisgids Rough Guides, lewer verskeie verrassings op. Baie mense sou waarskynlik nog nie eens van sommige van hierdie bestemmings gehoor het nie.

Met Rio de Janeiro bo-aan die lys sal min mense fout vind. Maar Sarajevo in Bosnië-Herzegovina word in Suid-Afrika dalk net te veel met die Balkanoorlog en misdade teen die mensdom geassosieer om spontaan as tweede keuse vir besoeke beskou te word. Dat Liverpool, en nie Londen nie, as die derde beste stad beskou word, sal vir baie mense seker ook vreemd opval.
Min mense het seker nog van Umea, ‘n noordelike stad in Swede gehoor, en Lviv in die Oekraïne sou seker ook nie hoog op voornemende reisigers se bestemmingslys wees nie.

Marseille, Frankryk in die sesde plek sal waarskynlik nie ‘n wenkbrou laat lig nie, maar Almaty in Kazakstan in die sewende plek is weer ‘n verassing.

Die Nederlandse stad, Rotterdam, is in die agste plek, maar grootliks oor projekte wat nog in aanbou is, of beplan word. Die Skotse stad Glasgow is in die negende plek, en Portland in die VSA is in die tiende plek.

Elkeen van die stede word goed gemotiveer. Sarajevo word as ‘n mini-Istanboel of Jerusalem beskryf.

Oor Liverpool word gemotiveer dat die stad, wat eens die wêreld se pop-hoofstad genoem is, sy mojo herwin het.

Umea deel vanjaar die titel van Europa se kulturele hoofstad met Riga, en aktiwiteite word vir die hele jaar beplan.

Die volledige motivering vir elke stad kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GawieM ·

Wonder indien hulle die tien stede met die hoogste misdaad sou kies hoeveel van die Nuwe Suid Afrika so onder die eerste tien gewees het. Ek glo daar sou min plek vir ander lande se stede oorgebly het.

Sune van Heerden ·

Dagsê Rauti

Dankie, ons het die wysiging namens Herman Toerien aangebring.

Groetnis
Suné

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.