Tien dood, 17 beseer in taxi-ongeluk

Tien mense is dood en 17 beseer na ʼn taxi omgeslaan het in Stutterheim in die Oos-Kaap.

Ashref Ismael, woordvoerder van die Padverkeerbestuurkorporasie (RTMC), sê die Toyota Quantum het Saterdagaand van Stutterheim na King Williams Town gery toe die bestuurder beheer verloor het en die taxi omgeslaan het. “Die taxi het toe teen ʼn Toyota Avanza gebots wat in die teenoorgestelde rigting gery het. Die Avanza het hierna teen ʼn VW minibus gebots.” Die ongeluk het omstreeks 19:00 Saterdagaand sowat 3km van Stutterheim plaasgevind. Ismael sê tien mense is op die toneel dood verklaar en 17 mense is beseer. Hy sê nege van die 17 is ernstig beseer en is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die RTMC ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

frikkie ·

Hoe kry mens 27 in n quantum, as dit kinders was kan mens verstaan, maar groot mense?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.