Tien kerkgangers sterf na bus omslaan

Tien kerkgangers van die Zion Christian Church (ZCC) is dood nadat die bus waarin hulle gery het Sondagaand omgeslaan het op die N1 in Polokwane.

ʼn Woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, Thesan Moodley, sê die bestuurder het na bewering beheer verloor oor die bus waarna dit ʼn versperring langs die pad getref en omgeslaan het. Volgens ooggetuies het die busbestuurder glo aan die slaap geraak. Agt mense is op die toneel dood terwyl nog twee in die hospitaal aan hulle beserings beswyk het. Moodley sê die kerkgangers was op pad KwaZulu-Natal toe, na hulle die naweek ʼn kerkdiens in Zimbabwe bygewoon het. Duisend kerkgangers het die naweek na Bulawayo opgetrek vir die geestelike gebeurtenis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.