Tien kinders in botsing beseer

Tien kinders tussen die ouderdom van drie en vyf jaar oud is Maandagmiddag ernstig beseer nadat die skoolbussie waarin hul vervoer is teen ʼn muur gebots het.

“Die bestuurder het glo beheer oor die bussie verloor terwyl hy in Poplarstraat in Midrand, gery het,” sê Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911. Tien van die twaalf kinders wat in die bussie was, het ernstige beserings opgedoen en was erg getraumatiseerd. Paramedici het die kinders gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlotte ·

Ek hoop die kleuterskool onderwyseres wat ‘n klomp kleuters in haar motor Spur toe geneem het lees hierdie berig. Sterkte aan al die ouers en kinders wat deur die ongeluk geraak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.