Tien renosters afgelope week gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Tien renosters is die afgelope week vir hul horings doodgemaak, het die departement van omgewingsake bekendgemaak.

Albi Modise, sê 181 renosters is reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak. Dié getal het verlede week Vrydag op 171 renosters gestaan. Volgens die departement is 111 renosters reeds vanjaar in die Krugerwildtuin gestroop. Modise sê dit is egter bemoedigend dat 113 vermeende stropers reeds vanjaar in hegtenis geneem is. Die departement het intussen ʼn beroep gedoen op die publiek om betrokke te raak in die stryd teen renosterstropery. “Die departement glo dat die publiek se betrokkenheid kan lei tot meer inhegtenisnemings en kan bydrae in die stryd teen renosterstropery.”

Die publiek kan renosterstropery of wenke aanmeld by 0800 205 005.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.