Tien sterf in busongeluk

iStock_000015602916XSmall91-320x212Tien mense is Sondag dood na ʼn busongeluk op die R66 naby die R34-kruising in Melmoth, KwaZulu-Natal.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid, sê nege meisies en een volwassene is in die ongeluk dood. Die bus was op pad terug van ʼn rietdans-seremonie by Nongoma. Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê 62 mense is beseer nadat die bus omgeslaan en teen ʼn staalversperring gebots het. Dhlomo sou Sondagaand van die beseerdes by die Ngwelezana-hospitaal besoek het. “Dit is ʼn tragiese verlies en ons betuig ons meegevoel met die oorledenes se families. Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het vroeër aangekondig dat hy wetstoepassers instruksie gegee het om die oorsaak van die ongeluk, die toestand van die bestuurder en die padwaardigheid van die bus te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

En sommer die moorde teen ons boere ook ondersoek. En sommer die moorde en verkragtings teen ons mense ook ‘n ondersoek. Dit sal hulle besig hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.