Tien mense is Sondag dood na ʼn busongeluk op die R66 naby die R34-kruising in Melmoth, KwaZulu-Natal.
Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid, sê nege meisies en een volwassene is in die ongeluk dood. Die bus was op pad terug van ʼn rietdans-seremonie by Nongoma. Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê 62 mense is beseer nadat die bus omgeslaan en teen ʼn staalversperring gebots het. Dhlomo sou Sondagaand van die beseerdes by die Ngwelezana-hospitaal besoek het. “Dit is ʼn tragiese verlies en ons betuig ons meegevoel met die oorledenes se families. Willies Mchunu, LUR vir vervoer, het vroeër aangekondig dat hy wetstoepassers instruksie gegee het om die oorsaak van die ongeluk, die toestand van die bestuurder en die padwaardigheid van die bus te ondersoek.
En sommer die moorde teen ons boere ook ondersoek. En sommer die moorde en verkragtings teen ons mense ook ‘n ondersoek. Dit sal hulle besig hou.