Tien sterf in botsing in Limpopo

Foto: ER24

Tien mense is dood en talle beseer na ʼn botsing Dinsdagoggend tussen ʼn vragmotor en ʼn taxi naby Makhado in Limpopo.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Maano Sadike, sê minstens vyftien mense is beseer. “Die tien mense is op die toneel dood verklaar – agt mans, een vrou en ʼn klein seuntjie. Hulle ouderdomme is onbekend in die stadium.” Die beseerdes is na die Louis Trichard en Elin hospitale geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag. Die bestuurder van die vragmotor het glo aan die slaap geraak. Die taxi het na Zimbabwe gereis terwyl die vragmotor na Johannesburg gereis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.