Tien mense is in hegtenis geneem nadat ʼn man dood gevind is buite ʼn kroeg in Olievenhoutbosch, Gauteng.
Lt. Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die man het na bewering in ʼn geveg betrokke geraak met mense in die kroeg. Die geveg het glo buite voortgegaan en die man het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Mogale sê die man is ook met gebreekte bierbottels gesteek. Die tien verdagtes sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van moord.