Tien vas oor brandstofdiefstal

Argieffoto

Tien mans is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo petrol en diesel uit treintenkwaens by die Waltloo-spoorwegstasie in Pretoria gesteel het.

Kapt. Shawane Sepato, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 27-jarige man is met 15 25-liter houers by die depot vasgetrek. “Die verdagte het die polisie na die Transnet-depot gelei waar sewe veiligheidswagte met 21 houers vol petrol en diesel gevind is waarna hulle in hegtenis geneem is.” Sepato sê die polisie het na verdere ondersoek ʼn 50-jarige man en sy 71-jarige werkgewer in hegtenis geneem nadat agt houers vol petrol en diesel in hul besit gevind is. Die verdagtes sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van diefstal en die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.