Tien vas oor ontvoerings

Tien mense is in hegtenis geneem nadat 29 beweerde ontvoeringslagoffers in ʼn huis in Orange Farm, suid van Johannesburg, gevind is.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die slagoffers, 16 vrouens en 13 mans tussen die ouderdomme van 20 en 30, is Saterdagoggend in ʼn huis in Driezik 5 gevind. “Die slagoffers is van Mosambiek en Zimbabwe.” Mogale sê nege mans en een vrou is in hegtenis geneem en daar is op twee minibustaxi’s beslag gelê. Mogale sê die moontlikheid dat die ontvoerings met mensehandel te doen het word nie uitgesluit nie. Volgens Mogale het die sindikaat aan die lig gekom terwyl die polisie die ontvoering van ʼn vrou en haar 16 maande oue baba by die Beitbrug-grenspos ondersoek het. Die vrou se man het glo aan die polisie gesê dat sy vrou teen haar wil deur ʼn groep mense aangehou word. “Die groep het aan die man gesê dat hulle in Soweto is en dat hy vir hulle geld moet gee vir die veilige terugkeer van sy vrou.” Die 10 verdagtes sal binnekort in die Vereeniging-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.