Tien vissermanne van sinkende boot gered

Foto: NSRI

Tien mense is Saterdag gered na hulle vissersboot naby Struisbaai by Kaap Agulhas begin sink het.

Reinard Geldenhuys, die Nasionale Seereddingsinstituut Agulhas se stasiebestuurder, het gesê hulle het omstreeks 09:00 kennis gekry dat die 8 meter lange Piranha besig was om te sink.

Twee vaartuie en ʼn helikopter is na die gebied gestuur om die vissermanne te red. Hulle is ongedeerd. Geldenhuys het gesê hulle kon ook daarin slaag om die beskadigde boot na die hawe te sleep. “Dit is nog nie bekend wat veroorsaak het dat die vaartuig begin sink het nie. Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid ondersoek die insident.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.