Tien werkers beseer ná petrolbom bus tref

Argieffoto

Tien werkers van Rainbow Chicken is ernstig beseer nadat die bus, waarin hulle vervoer is, glo met ʼn petrolbom in Rustenburg gegooi is.

Kapt. Philani Mvuna, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, sê die aanval het Dinsdag omstreeks 18:45 in die Ziniaville nywerheidsgebied plaasgevind.

“Die bus het 63 werkers en drie veiligheidsbeamptes van die Rainbow Chicken-fabriek na Kroondal vervoer, toe dit vermoedelik deur stakende Rainbow Chicken-werkers met ʼn petrolbom gegooi is,” het Mvuna gesê.

Ses mans en vier vroue het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die voorval mag verband hou met ʼn voortdurende staking by Rainbow Chicken. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging,” het Mvuna bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.