Tiener geskiet nadat hy glo pa se vuurwapen steel

geweer4-320x1791ʼn Tiener in Gauteng is Dinsdag geskiet en gewond nadat hy glo sy pa se vuurwapen gesteel het en ʼn winkel wou beroof.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die 17-jarige is deur sekuriteitswagte raakgeskiet nadat hy glo ʼn winkel in Molapo, Soweto, wou beroof. “Ons vermoed die seun het sy pa se vuurwapen gesteel,” het Makhubela gesê. “Die seun is onder polisiebewaking by die Chris Baragwanath-hospitaal en sal in die Protea-landdroshof verskyn sodra hy ontslaan word.”

Die seun word aangekla van besigheidsroof en diefstal van ʼn vuurwapen. Die pa mag moontlik aangekla word van nalatigheid van ʼn vuurwapen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.