Tiener gevonnis ná hy seun verkrag

‘n 18-jarige man is Woensdag deur die Vryheid-streekshof in KwaZulu-Natal tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n 12-jarige seun verkrag het.

“Die 12-jarige was op 1 Januarie 2012 by sy huis in Vryheid toe Nkululeko Buthelezi hom na ‘n nabygeleë veld gelok en daar verkrag het,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die slagoffer het om hulp geskree en sy vriend het hom te hulp gesnel. Die beskuldigde het van die toneel gevlug.”

Die slagoffer het die aanval by sy ouers aangemeld en ‘n saak van verkragting is oopgemaak. Buthelezi is in hegtenis geneem en borg is teengestaan. Hy was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding totdat hy Woensdag skuldig bevind en gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.