Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde

Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname. Lees meer hier.

Sien ook: Griekwastad-moorde: Seun is ‘bewus van gerugte’.

Marthella Steenkamp

’n Tienerseun word volgens berigte deur die polisie verdink van die moord op Deon, Christelle en Marthella Steenkamp op Goeie Vrydag op hul plaas buite Griekwastad.

Volksblad berig dat daar in die binnekringe van die polisie gesê is dat ’n tienerseun is in hierdie stadium die enigste verdagte in die ondersoek is en dat daar slegs een skieter was. Volgens die dagblad wag die polisie egter vir ondersteunende getuienis, soos die uitslae van forensiese toetse. Die treurspel het hom glo in en om die oopplan TV-kamer van die plaas huis afgespeel. Christelle (43) is na bewering eerste geskiet. Sy het glo by ʼn rekenaar digby die TV-kamer gesit waar sy glo twee keer geskiet is. Die doodskoot was vermoedelik in haar agterkop. Deon (44) is glo volgende geskiet. Hy is glo drie keer geskiet waaronder een keer in die kop. Marthella (14) het glo probeer vlug en is glo buite die huis geskiet voor sy terug die huis in gesleep is. Sy is na bewering twee keer geskiet waaronder een keer in die kop. Hulle is glo met ʼn .22 geweer en .357 Magnum-rewolwer geskiet wat aan Deon behoort het. Die egpaar se seun Don (15) is die enigste oorlewende lid van die gesin. Hy het glo op hul lyke afgekom.

Kyk hier na foto’s van die Steenkamps se roudiens.

Lees meer hier.

Christelle Steenkamp

Don en sy pa Deon Steenkamp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.