Tiener het glo baba ontvoer

Jashmea Albertus Foto: Deur die SAPD aan EWN verskaf

ʼn Twee maande oue babadogtertjie is Woensdagaand in Wellington in die Wes-Kaap ontvoer, berig EWN.

Volgens EWN het ʼn 17-jarige tiener, wat slegs as Bronwin bekend is, die baba ontvoer. Bronwin het glo aangebied om Jashmea Albertus omstreeks 16:00 na ʼn tannie toe te vat. Sy en die baba het egter verdwyn.

Volgens polisiebeamptes het Bronwin ʼn ligte vel, en krul hare met blonde strepies. Sy het ʼn swart spanbroek, grys hemp en grys stewels aangehad. Jashmea het ʼn blou pakkie aangehad. “Enigiemand met meer inligting word versoek om met Crime Stop in verbinding te tree deur 08600 10111 te skakel,” het André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.