Tiener in hof oor naakfoto’s op juffrou se tafel

hofhammer1ʼn Matriekleerling van Hoërskool Jeugland in Kempton Park, het Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo by die skool ingebreek het en naakfoto’s van homself op ʼn onderwyseres se tafel gelos het, het Beeld Donderdag berig.

Die 18-jarige leerling het na bewering in September by die skool ingebreek. Hy is Dinsdag in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat.

Hy het in die Kempton Parkse landdroshof verskyn op ʼn aanklag van inbraak. ’n Klag van crimen injuria wat glo met die naakfoto’s verband hou, is by die klagstaat gevoeg. Dit is onbekend of enigiets tydens die inbraak by die skool gesteel is.

Landdros Prince Manyathi het die verhoor tot volgende maand uitgestel vir verdere ondersoek.

André Swanepoel, die seun se prokureur, het bevestig dat sy kliënt Donderdag voortgaan met sy matriekeksamen.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

nic van rensburg ·

Die outjie is sekerlik nie “pervers” in die ware sin van die woord nie. Die juffrou draai hom aan en sy “dom” hormone het so effe hand uitgeruk. Bes moontlik het van sy maters hom nog aangehits ook, wie weet. Daar is ‘n pragtige uitdrukking in die Nederlands vir sulke jong manne – “Staan het P…. in het lugt, hang de verstand aan de B.. Gee Hans-‘n kans sou ek voorstel.

Cindy ·

Hoekom hierdie oukie dink iemand wil ‘n kiekie van sy “tooter” sien gaan my verstand te bowe. In my skool tyd het die juffrou appels in die oggend op haar tafel gekry.

Henry Oltman ·

Sjoe, ons skoolkinders is ongelooflik baie in die nuus vir al die verkeerde redes. Ek weet dit is enkele gevalle onder tienduisende kinders, maar elkeen van hierdie gevalle sou twintig jaar terug skokgolwe in die gemeenskap veroorsaak het.

Amy ·

Nogal skokkend, maar dalk is die onnie baie baie mooi, of die jong lat ‘is ‘uitgedaag.’ deur sy maats.

nic van rensburg ·

Moet asb. nie tyd verspeel met “modereer” (wat dit ook al mag beteken in die forum) verwyder dit goedsmoeds en bevestig dat nog ‘n sin vir humor geneuwel het in die “ernstige tydvak van die mens se voortbestaan in Suider Afrika”

Erich Goosen ·

Het die foto ook die seun se gesig gewys? Indien nie, moes daar sdeker ‘n ongewone uitkenningsparade gehou gewees het.

Greg C ·

Hoekom is hy nie geidentifiseer nie? 18 Jaar oud. Hy is nie meer ‘n minderjarige nie. Hy is aangekla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.