Tiener in Kaapstad doodgeskiet

geweerʼn Tienerseun is Dinsdagmiddag in Kaapstad dood en ʼn man gewond tydens ʼn skietvoorval in Athlone.

“Die 16-jarige was op pad na sy huis, toe hy in die spervuur beland het van mense wat op mekaar geskiet het,” het kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Kinana is die 31-jarige man ook in die skietery gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Luyanda Majija, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die tiener is in die nek getref en die man in sy arm.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die seun se bure probeer om die erge bloeding te stop. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Majija gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.